Wat is in jou hand?
top of page

Wat is in jou hand?


‘Wat is in jou hand?’ Dit is God se vraag aan Moses in Eksodus 4 wanneer Hy hom daar by die brandende braambos roep om die Israeliete uit Egipte weg te lei. Moses het net ‘n kierie gehad. Dis al. Maar God het niks meer as dit nodig nie. ‘n Doodgewone kierie verander daar op die plek in ‘n hemelse wapen wanneer dit in die hande van die lewende God geplaas word. Dan word dit ’n teken vir die Egiptenare van Sy almag. Net so is twee vissies en vyf broodjies meer as genoeg wanneer dit deur ‘n klein kindjie aan Jesus toevertrou word. Dan verander dit daar op die plek in kos vir derduisende. Wel, wat is in jou hand? Terloops, dit hang af wie dit vir jou vra. As die vraagsteller God Self is, dan is daardie klein bietjie wat jy aan Hom gee meer as genoeg om die wêreld rondom jou tot Sy eer te verander. Jy het nooit te min in jou hand wanneer God op jou knoppie druk nie. Jy hoef nie eers ’n sak vol geld te hê nie. Of die beste spanne in die land nie. God is die Here wat jou bietjie baie kan maak.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page