Leer reg kyk by Jesus
top of page

Leer reg kyk by Jesus


Jesus het sagte oë. Hy kyk blitsvinnig by mense se foute en gemors verby as daar net ’n greintjie berou, of ’n vonkie geloof in hulle harte is. Of wanneer ’n desperate smeekgebed oor hulle lippe uitbreek. Een verdwaalde sin soos: “dink net vir ’n oomblik aan my wanneer U in U ewige koninkryk aankom,” maak dat Jesus net daar hemel en aarde vir hulle verskuif. Dan rol Hy die ewige rooi tapyt uit. Vra maar vir die misdadiger langs Hom aan die kruis daar in Lukas 23 wat net vir ’n gedagte vra maar die ewige lewe kry!

Jesus kyk graag sondaars heel. Hy kyk verlorenes gered. Hy kyk dooies lewend. Hy kyk berouvolles vry. Hy kyk ’n nuwe Genesis raak vir elkeen wat ’n slegte Eksodus beleef. Jesus kyk mense altyd reg raak. Hy kyk mense reddend raak. Hy kyk mense met ontferming en vergifnis raak. Dit is die kyk wat onsself moet baasraak.

Ons leef in ’n wêreld propvol goor kyke. Mense kyk mekaar uit. Mense kyk mekaar op en af. Mense kyk mekaar stukkend. Mense se oë is dodelike wapens. Stop sulke kyke. Kry oogsalf by Jesus in Openbaring 3:20. Leer sy kyk aan. Kyk met sagte oë na mense. Kyk met vergifnis en liefde.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page