Wees ‘theodidaktoi,’ God-geleerdes!
top of page

Wees ‘theodidaktoi,’ God-geleerdes!


In die oorspronklike tale waarin die Bybel geskryf is, lê baie skatte versteek wat nie aldag na behore in Bybelvertalings vasgevang kan word nie. Vat maar vir Paulus wat gedurig nuwe woorde geskep het in Grieks. Een so ‘n woord is ‘theodidaktoi’ daar in 1 Tessalonisense 5:9. Dit beteken ‘mense wat deur God geleer is.’ God-geleerdes” met ander woorde. Wel, dis wie ons is. God Self is die leermeester van al sy kinders. Wat is sy leerplan of sillabus? Liefde! Paulus skryf met name hier dat God Self sy kinders leer om mekaar lief te hê. Sy leerplan is agape. Dit is een van die Griekse woorde vir liefde, en een wat ook in hierdie vers gebruik word. Agape is onvoorwaardelike, opofferende liefde, daardie soort wat maak dat ons mekaar se laste dra en mekaar sonder voorwaardes dien. Ons dreig nie net om sulke liefde te doen nie, ons doen dit. Ons gee om. Ons help. Ons verbind wonde. Ons beskerm mekaar se rug. Want God leer ons om dit te doen. Hy wys ons hoe om soos Hyself lief te hê in al ons doen en late. Ons is regtig theodidaktoi!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page