Jesus se droom-rolle vir jou
top of page

Jesus se droom-rolle vir jou


Jesus se droomrolle vir sy dissipels in Markus 8-10 is nie omskrywings soos “suksesvolle prediker,” “godsdienstige skaretrekker,” of “geestelik-betitelde” nie. Sy droomrolle is dié van kruisdraer, bediende en slaaf. Om Jesus se kruis te dra is ons nuwe identiteit (8:34). Of bediendes, soos wat Jesus in Markus 9:35 van ons vra. Tog stel ons nie regtig daarin belang om Jesus se bediendes te wees nie. As onsself bediendes nodig het, huur ons hulle sommer in. Ek meen, wie wil hulleself bekendstel as ’n bediende? Of as ’n slaaf van almal, soos wat Jesus in Markus 10:43 van ons vra. Wie wil vrywilliglik ander mense se slaaf wees? Wil jy die antwoord weet op bogenoemde vrae? Wel, hier’s dit: Jesus! Hyself wil ’n slaaf en ’n dienskneg van mense wees. Nee wag, Hy is dit. Jesus sê in Markus 10:45 Hy is die dienskneg uit die hemel. Sy lewe en sterwe is een van bediende-wees en slaaf wees tussen ander en vir ander. Volg Jesus reg, dan sal jy verstaan wat dit beteken om vry te wees. Dien God en ander soos ’n slaaf van Jesus, dan sal jy vry raak jou angstige, selfsug-aangedrewe leefwyse. Dan sal jy ervaar Jesus se las is lig.


bottom of page