- deur Ivor Swartz
Dankbaarheid

Jare terug het ek iemand hoor sĂȘ, âOm perspektief te het is om te weet, van die berg af, lyk alles andersâ.
Dit het by my gebly.
Want perspektief laat die lekkende kraan by die huis nie so erg lyk nie- ten minste het ek skoon, lopende water. Dit maak die gesit in verkeer ook meer verdrabaar- ek het ân kar en ân werk wat ek self na toe kan ry.
Maar hoe behou ân mens perspektief met die âgrootâ goed- siektes, sterftes, misdaad, rassehaat? Is dit dan moontlik om steeds ân kykie van die berg te hĂȘ, en te glo alles is nie soos dit daar onder lyk nie? Dat daar altyd ân âsilwer randjieâ is om na te kyk? Nog meer, wat Ăs daai silwer randjie?
Die silwer randjie, of die perspektief van die berg af- vir my- is dankbaarheid- ân tema wat diep gewortel is in hoe ek jare terug besluit het om my toekoms aan te pak. Dankbaarheid maak jou vry van die gevangenis van jou verlede. Dit hou nie net jou kop bo water nie, maar gee jou ook die nodige krag om die toekoms in te swem. Dankbaarheid is ook die kompas vir die toekoms, wat die vermoĂ« het om die wat dit aangryp, op die mooiste plekke te laat beland.
Maar, dankbaarheid is amper ân verlore eienskap of leefwyse vandag. Dis asof almal met sigbare frustrasies rondloop, en pas net nie meer soveel deernis toe soos wat Jesus van ons wil hĂȘ nie. En, ek is oortuig daarvan dat die oomblik wanneer die lekkende kraan of die vinger-wys-in-verkeer by ons voordeur instap, stap dankbaarheid stilletjies by die agterdeur uit.
Een aand in Desember, na selgroep by ons huis, kom ons buite waar die karre parkeer was en een vriendin se rooi VW Polo is nie daar nie- hyâs gesteel. Ons is almal in ân toestand en val rond met wat om te doen. Ons bel toe haar ouers eerste en hulle boul ons almal om met hulle woorde. Hulle sĂȘ toe, âGELUKKIG is dit nĂ©t ân kar. Daar is baie waar dit vandaan kom. Ons het nĂ©t een dogter en is dankbaar sy is veilig en gesond. Ons is oppadâ. Dit klink toe vir my of die familie iets verstaan van Paulus se woorde in 1 Tessalonisense 5:16-18 wat sĂȘ, âWees altyd bly. Bid gedurig. En wees in ALLE omstandighede DANKBAAR, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwagâ.
Dit is so in ons samelewing dat baie mense hul dankbaarheid meet aan hoe hulle omstandighede lyk. En volgens Paulus, gaan dankbaarheid nie op of af, afhangende van ons omstandighede nie. Volgens Paulus is God se hart dat ons in ALLE omstandighede dankbaarheid moet toon. Dat dit deel van ons daaglikse ritmes moet wees. Nie net wanneer dit goed en voorspoedig met ons gaan nie, of wanneer ons ân parkeerplek reg voor die winkel se deur kry nie. Maar selfs in die moeilike tye, wanneer dinge nie so rooskleurig lyk soos wat ons dit wou hĂȘ nie. Want, selfs in die moeilike tye is daar vir ons genoeg om oor dankbaar te wees.
Ek onthou die dag toe ek vrygelaat is na 5 jaar in die gevangenis- in Desember 2005- het ek geen heenkome gehad nie; geen idee wat die toekoms inhou nie, niks geld, of ordentlike klere selfs nie. Maar my hart het oorgeloop van dankbaarheid vir die tweede kans wat ek gegee is, vir vryheid, vir nog ân geleentheid om reg te maak waar ek opgemors het. Nou is ek al dertien jaar uit die gevangenis. Maar as ek nie daai tyd al besef het omstandighede verander baie vinnig na goed of sleg, maar ân dankbare hart bly standvastig, sou ek heel moontlik nie ân beter toekoms gesien het nie.
Wanneer ons besef dat God dankbaarheid van ons verwag, gebeur daar ân kop en hart skuif in ons. Ons raak bewus dat Hy wat binne ons is, groter is as dit wat om ons gebeur. Ons kyk met nuwe oĂ« na ons situasies, na ons land en gemeenskappe, asook die wĂȘreld. Ons raak intensioneel om die goeie uit die slegte te haal, want ons strewe daarna om te doen wat God wil hĂȘ ons moet doen. En nooit sal Hy ân verwagting op ons sit wat nie tot ons en ander se voordeel sal wees nie.
Dit is nie nĂ©t perspektief nie. Dis ân hemelse dankbaarheid perspektief.