Dit kos ’n kruis om ’n speler te wees
top of page

Dit kos ’n kruis om ’n speler te wees


Dit was die jaar 320. Die Romeinse Ryk was diep verdeeld. In die Weste het Konstantyn geregeer as keiser, met Lisinius in die Ooste. Vroeër in die jaar 313 het die Edik van Milan die vervolging teen Christene grootliks tot ’n einde gebring. Nogtans het sommige plaaslike goewerneurs steeds lojaliteit vereis aan die Romeinse gode. Dit was juis die lot van ’n klompie Romeinse soldate in Sebaste in huidige Turkye. Toe veertig Christen-soldate weier om Romeinse gode te eer, is hulle summier van dislojaliteit beskuldig. Uiteindelik moes hulle verskyn voor Lysias, aanvoerder van die Twaalfde Romeinse Legioen. Toe hulle steeds geweier het om Christus te verloën, is hulle op ’n koue winternag op ’n bevrore meer in Sebaste nakend laat staan. Ander Romeinse soldate is rondom hierdie veertig dapper helde van die Here opgestel, saam met baddens vol warm water waar diegene wat hulle geloof wou verloën hulleself kon gaan warm maak. Deur die nag het ‘n soldaat ingegee. Een van die ander soldate wat hulle moes oppas was egter so aangegryp deur die oorblywende 39 soldate se lofliedere en hulle helder geloof dat hy dadelik sy klere uitgetrek en by hulle aangesluit het. Nadat hulle almal dood is van ontberings, is hulle liggame die volgende dag verbrand.

Hierdie Romeinse soldate vir Christus se ernstige beserings aan diens het hulle glad nie uit spel gehaal nie. Hulle het geweet dit sou noodlottig wees as hulle op die speelveld aanbly, maar daar was vir hulle geen ander keuse nie. Hulle was lankal reeds “dead men walking”, sedert daardie heel eerste dag dat hulle hul lewens vir Christus gegee het. Dit kos ’n duur prys om te glo. Partykeer doen jy selfs ernstige beserings aan diens op in die proses. Maar jy moet weet Jesus se kruis is jou en enigste kompas in sulke tye. Hou jou oog op Hom. Deur sy kruis dra Jesus jou terwyl jy ook sy kruis dra.


bottom of page