Omdat jy kind is – erf jy!
top of page

Omdat jy kind is – erf jy!


As jy kind van God is, staan jou naam onuitwisbaar in God se testament! En niemand kan jou naam ooit daaruit vee nie! Jy gaan as erfgenaam van God dus die ewige lewe saam met Hom erf.

Besef jy die impak daarvan? Verstaan jy die wonderlike stuk seën in hierdie waarheid? Kom ons herinner onsself sommer net weer vandag daaraan:

  • Jy is regtig vry! Julle is egter nie meer in die greep van die sonde nie. Nee, julle lewens staan nou onder die beheer van die Gees wat in julle bly. Romeine 8:9

  • Jy is nooit alleen nie. God self is by jou. Christus is ook nou by julle. Romeine 8:10a

  • Jy gaan vir altyd leef. Daarom sal die Heilige Gees sorg dat julle vir altyd lewe. Selfs al moet julle liggame doodgaan ... Romeine 8:10

  • Jy gaan ‘n vir altyd ‘n wonderlike lewe saam met God hê. Ons erf saam met Christus alles wat God beloof het. Romeine 8:16b

Wanneer die Gees van God in die gelowige kom, maak dit Christus duideliker, die hemel nader en die Woord van God verstaanbaarder, het Dwight L. Moody gesê. Mag jy elke dag leef as oorwinnende erfgenaam!

Hoe bevoorreg is ek om ek Koninklike erfgenaam te wees. Dankie daarvoor, Here. So baie dankie!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page