Praat beter teen 160 kilometer per uur
top of page

Praat beter teen 160 kilometer per uur


“41 vloekwoorde per 160 kilometer” - Dis die bevinding van ’n studie wat OnePoll.com onlangs gedoen het oor motoriste se taal op die pad. ’n Bekende internasionale motorfabrikaat het hierdie studie laat doen onder 2,000 motoriste wat gemiddeld 600 kilometer werk toe en terug ry per maand. In hierdie proses vloek hulle ’n volle 152 keer. Dan sê 38% motoriste hulle verloor kop as hulle begin swets. 46% dink dis nie te erg nie, maar 38% voel sleg na die tyd.

Lelik praat word blitsvinnig ‘n normale deel van mense se leefstyl. Wel, dis nooit stylvol om kru taal of afkrakende taal te gebruik nie. Ons woorde moet keurig wees. Dit moet die Here waardig wees, en dit moet ander mense tot seën wees. Maar kom ons wees eerlik: ons almal het al ons monde verbygepraat. Of te veel kragwoorde genormaliseer in ons daaglikse woordeskat. Hoor weer, sulke styllose taal pas regtig nie by die Here se mense nie. Maar om bloot net minder skerp te praat, is nog lank nie genoeg nie. Ons geloofstyl moet gekenmerk word deur vars nuwe woorde op ons lippe. Ons woorde is bedoel om God te eer en ander op te bou. Stylvolle woorde is woede-blokkers en lewe-skeppers! Dis die taal wat lewe gee. Dis ons soort taal. Ons moet bekend wees as mense wat kilometer vir kilometer die Here se taal praat.


bottom of page