Laat die Gees en die Woord vir jou bid
top of page

Laat die Gees en die Woord vir jou bid


Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Romeine 8:26a

Soms weet ek regtig nie wat om te bid nie omdat ek regtig nie weet wat ek nou eintlik vir God moet vra nie. Ander kere weer kán ek nie bid nie. Dis asof my gedagtes ‘n warboel van los drade is wat allermins op die Gees kan fokus. Dan is daar dié kere wat ek nie wil bid nie omdat ek te skuldig voel oor iets wat ek weet teen sy wil is en dan … is daar dié hartseertye wat ek net so besig is dat ek vergeet om te bid!

Liewe medegelowige, hoe dankbaar kan ons wees dat die Gees juis in tye wanneer ons gebedsarm of gebedsverward is, in besonder vir ons my intree en dan namens ons die regte woorde voor die Vadertroon neersit. Maar hoe wonderlik dat ons ook die Woord het waaruit ons kan bid, waardeur ons ons woorde kan vorm. Soos Maretha Maartens gesê het: Geen mens is in staat om so wyd, so waar, so teer, so onselfsugtig … met soveel wysheid as die Skrif te bid nie. Die enigste manier om hierdie dimensie in gebed te bereik is om die Skrif as gebed aan te wend.

Laat toe dat die alwyse Gees en die volmaakte Woord vír jou bid.

O Gees van God, bid vir my asseblief.


bottom of page