Moenie aanhoudend terugkyk nie
top of page

Moenie aanhoudend terugkyk nie


“Hindsight is a perfect science.” So lui die Engelse spreekwoord. Dis maklik om na die tyd te weet wat ons of ander mense moes gedoen het in enige situasie. Ons kan na die tyd van beter weet, of ons kan onsself verwyt oor ons keuses. Daar’s egter ’n derde opsie: ons kan kies om vrede te maak met ons keuses. Wanneer ons op God se pad leef, dan maak ons ons keuses in sy teenwoordigheid. Nee, ons bid nie maar net in die algemeen vir God se wil wanneer ons besluite neem nie; ons gebruik doelbewus die roetewysers van Kolossense 3:17 en 3:23. Ons stel die Here se eer en die belange van ander mense eerste. Dit is ons rigsnoer. Dit is ons koersaanwysers. Ons soek nie ons eie eer of voordeel nie. Verseker beteken dit nie dat ons in die toekoms net goeie keuses gaan maak nie. Want ons is net mense. Ons weet nie aldag wat die regte ding is om te doen nie. Maar dan kan ons minstens na die tyd met ons keuses saamleef. Want ons weet ons dit elke keer gemaak met die bedoeling om God se Naam in ere te hou en ander mense te help.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page