Jesus se vrede gebeur andersom
top of page

Jesus se vrede gebeur andersom


Die Verlosser is hier. Dit vertel die engele se lied vir die herders in Lukas 2. Singend basuin hulle musiek God se vrede uit oor die ganse aarde. Hierdie hemelse vredesmusiek is gebaseer op die aankoms van die Kind hier reg tussen ons. Betlehem is daardie nag die regte adres vir God se jongste genadehandeling met die mensdom. Met Jesus se aankoms wen ’n nuwe roete te midde van al die doodspaaie wat die aarde vol lê. Die engele weet dit en die herders ervaar dit daar en dan. ’n Andersoortige vrede het van daardie nag af posgevat in ons midde, ’n vrede wat harte en lewens oorrompel. Nee, die hemel se soort vrede word nooit deur die loop van ’n geweer, of deur die trek van ’n kruisie op stembriewe op mense afgeforseer nie. Of deur die onderhandelinge van politici, gemeenskapsleiers en kerklui nie. Dit kan ook nie. Jesus self oorrompel mense se harte en lewens met sy nabyheid. Sy vrede gebeur altyd van binne-af buitentoe. Hartlangs en lewelangs wen sy heerskappy. Mens vir mens en lewe vir lewe gebeur vrede op aarde, Jesus se soort! Ontdek dit vars en nuut in hierdie dae.


bottom of page