Ligloop vir noodgebede
top of page

Ligloop vir noodgebede


Nood leer bid. Dit is ’n bekende spreekwoord. Is dit waar? Ja! Die meeste mense bid in tye van nood. Is noodgebede goed? Ja, solank as wat jy in die nood is. Die probleem is egter dat noodgebede soos ’n noodwiel werk. Terwyl jy in die nood is word dit gebruik. Daarna moet jy die noodwiel afhaal en weer regte wiele aansit aan jou motor. As noodgebede jou dus leer bid, gaan jy altyd presies net so bid. Dan gaan jou eie omstandighede en behoeftes die hoofpunt op elke gebeds-agenda wees. Verskuilde opdragte aan God en eindelose versoeke om al jou krisisse uit te sorteer gaan dan elke gebed oorheers. Noodgebede is bedoel vir krisistye, nie vir alledaagse gebruik nie. Om altyd te bid soos wat jy in nood bid, gaan jou beroof van ’n vervullende gebedslewe in God se teenwoordigheid. Gebed is juis om tot rus te kom aan die Here se voete. Dis om stil te wees en te wag op Hom. Dit verskuif jou aandag na God toe. Gebed is om Hom te verheerlik en om ander se nood na Hom toe te bring. Egte gebed bevry jou van jouself en van al jou behoeftes.


bottom of page