Soek jy God se goedkeuring?
top of page

Soek jy God se goedkeuring?


Wonder jy soms hoe jy God se guns kan kry? Wat jy kan doen sodat Hy jou méér sal liefhê?

Die waarheid is dat niks wat ons doen God se guns kan verdien nie. Hy gee sy goedheid en genade aan ons omdat Hy wil. Omdat ons sy kinders is en omdat Hy ons onuitspreeklik liefhet. Wanneer ons iets besef van hierdie groot liefde van ons Vader, wil ons egter uit vrye keuse meer vir Hom doen, met groter toegewydheid sy wil leef en met passie sy soort liefde gee. Dan wil ons onsself in sy hand plaas sodat Hy ons kan vorm om meer soos Hy te wees. Dan wil ons gaan waarheen Hy ons lei.

Jesus was nie kieskeurig in sy liefde nie. Hy het God se grootheid aan alle mense verkondig, sy liefde oor almal uitgestort en op enige plek vir sy Vader gewerk. Jesus kon spontaan doen wat sy Vader van Hom vra omdat Hy Hom met sy hele hart liefgehad het.

Jy kan God se guns nie verdien deur meer te doen nie, maar wanneer jy Hom liefhet ... sál jy eenvoudig meer wil doen!

Help my om U met my hele hart lief te hê, Vader.


bottom of page