Slaap is deel van ons geloof
top of page

Slaap is deel van ons geloof


Charlotte Brontë skryf: “a ruffled mind makes a restless pillow.” Inderdaad! Ontstelde mense slaap moeilik. Bekommernis, woede en vrees is opperste slaapdiewe. Met reg skryf Paulus in die Efesiër brief dat ons nooit moet toelaat dat die son oor ons woede ondergaan nie. Anders gesê, ons moet nooit kwaad gaan slaap nie. Dan slaap ons sleg. Of glad nie. Ook moet ons nooit te min slaap nie. Agt ure per dag is net die regte dosis. Mense wat konstant minder as dit slaap, stel hulleself bloot aan ernstige gesondheidsgevare. Dalk moet ons die goeie gewoonte aanleer om nie net ’n wekker stel vir wakkerword-tyd elke oggend nie, maar ook vir ’n vaste bedtoe-gaan tyd elke aand. Gesonde slaaproetines moet deel uitmaak van ons normale geloofsdissiplines. Wanneer ons ons werk lank voor slaaptyd eenkant toe skuif en behoorlik tot rus kom, illustreer ons ook iets van ons vertroue in die Here. Hy het ons gemaak om gereeld te rus. Ons is nie menslike robotte nie. In elk geval sê Psalm 127 dat God vir sy al geliefdes gee wat hulle nodig het in hulle slaap. Hy is die Here wat nooit sluimer of slaap nie. Hy sorg vir ons, ook wanneer onsself in droomland is. Glo dit en slaap meer en beter.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page