Leef sinvol, nie net relevant nie
top of page

Leef sinvol, nie net relevant nie


“Relevansie” is ’n flou-gebruikte woord in die kerk. Op sigself is dit nie genoeg om bloot net relevant te wees nie. Relevansie kan nooit ’n doel op sigself wees nie. Dit gaan eerder oor ‘n sinvolle manier van leef in diens van die Here. Om God lief te hê met meer as net woorde is sinvol. Om mense met eerbied te behandel, is sinvol. Om ander se nood raak te sien en ook iets konkreet hieraan te doen, is sinvol. Om vrede te maak tussen strydende partye in die Heer se Naam, is sinvol. Om ’n hart te hê vir verlorenes, onbekendes en andersoortiges, is sinvol. Om te bid vir mense in nood, asook vir familie, vriende, kollegas, die kerk en vir die land se leiers, is sinvol in die Here se oë. Om vrygewig te wees en meer sorgvry te leef, is sinvol. Om gereeld die Bybel te bestudeer en te bid is verpligtend, maar dit is ook sinvol. Wat dus van ’n lewensbelangrike vraag- hoe kan jyself vandag nog meer sinvol tot eer van God leef binne jou eie omstandighede? Gaan doen dit, anders mis jy uit op nog ’n sinvolle dag.


bottom of page