Uit ‘n ouerhart [resensie]
top of page

Uit ‘n ouerhart [resensie]


Uit 'n ouerhart

Die boek is gebou op Deuteronomium 6:6 wat ouers aanbeveel om die woorde van die wet vir hulle kinders in te skerp by die huis en op pad, wanneer hulle gaan lê en wanneer hulle opstaan. In dié boek gee Norma, ‘n dominee en ma wat ook plaasvrou is, raad vir ouers hoe om dit te doen. Sy beskryf 50 waarhede om prakties toe te pas en elke kind toe te rus vir die lewe.

Kom ek noem ‘n paar van die waarhede wat sy belig: My ma het gepraat van klein woordjies en ons soms ‘n loesing gegee wanneer ons geheue ons in die steek gelaat het daaroor. Norma skryf: “Dankie” is ‘n klein woordjie wat die slotte van die hart en die gesindheid van mense oopsluit. Buiten vir die belangrike Bybeltekste wat sy aanhaal, skryf sy dat egte dankbaarheid eers gebeur wanneer ‘n mens geleer het om eers met jou hart en dan met jou oë te sien. Wanneer jy raaksien wat dit iemand gekos het om iets vir jou te doen, kan jy na behore jou dank uitspreek. En wanneer jy dit met waardering en egtheid doen, sluit jy mense en hulle goeie gesindheid oop.

Omdat Norma glo dat die Heilige Gees die ouer se raadgewer is, sluit sy haar kort oordenking oor die stukkie raad af deur te vra wat die leiding van die Heililge Gees vir die huidige leser veronderstel. En dan is daar ook ruimte vir ‘n lofoffer, sodat die boek interaktief raak en ‘n mens die geleentheid kry om jou eie lewe daarin raak te lees.

Waarhede wat kinders moet hoor en toepas, is dat jy baie meer werd is as jou toekennings en die punte op jou rapport. Dat verandering by jou begin. Dat jy gerus jouself die kans kan gun om maar foute te maak, maar dan ook die voorreg moet gun om dit weer reg te maak. Dat cowboys nie huil nie maar dat rêrige mense soms huil, selfs al is hulle groot seuns. Dat jy elke dag ‘n belegging van 24 uur kry om te spandeer, en dat jy dit met wysheid moet doen.

‘n Pragtig gedrukte boek met slim aanwending van kleure, sodat dit ook ‘n gawe geskenk vir ‘n ouer kan wees. En moenie vergeet dat oupas en oumas ook nodig het om raak te sien wat hulle met hulle kleinkinders moet deel nie.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page