God maak ’n liggaam ... ’n méns
top of page

God maak ’n liggaam ... ’n méns



Soms gebruik God vreemde beelde om sy boodskap oor te dra. Soos die gesig wat God Esegiël laat sien het in Esegiël 37:1-14. God neem sy profeet na ‘n laagte toe wat vol doodsbeendere lê en vra hom dan of hy dink daar kan weer lewe in hierdie hoop droë bene kom. Dan antwoord God sommer Homself deur hierdie doodsbeendere na mekaar toe te laat beweeg totdat dit skelette vorm. Hierna sit God toe senings en vleis om die skelette – Hy vorm as’t ware volwaardige ménse uit die los stukke bene. Tog leef hulle steeds nie. Want God het nog nie sy Gees in hulle geplaas nie. Eers wanneer Hy dít doen, word dood lewe. Dan word ‘n lyf ... ‘n méns-van-God.

Ek en jy is ook net bene met organe, ligamente en ‘n vel ... totdat die Gees in ons is. Dan word ons mense wat kragtig léwe. Weet vandag: As jy kind van God is, is die Gees in jou. Dan lééf jy! Nie net nou nie, maar áltyd. Dit is ‘n belofte van God dat Hy wedergeborenes uit hul doodsbestaan red deur die Gees-van-léwe in hulle te plaas.

Jy’s soveel meer as mens. Jy geesvervulde kind van God. Gaan leef vandag met dié wonderlike wete.

Gees van God, dankie dat ek deur U lééf.


bottom of page