Haastige harte = leë harte
top of page

Haastige harte = leë harte


Party mense het haastige harte. Hulle harte klop van vroeg tot laat teen meer as 150 slae per minuut omdat hulle altyd buite die spoedgrens leef. Nooit is daar enige tyd vir stilsit nie. Daar’s altyd nog ‘n saketransaksie, nog ‘n vergadering, nog ‘n dringende afspraak op hulle agenda. Haastige-hart mense reël en reguleer alles en almal in hulle lewens volgens streng dagboek-skedules. Almal se waarde word hiervolgens bepaal. Onbenullige mense soos jy en ek is eintlik net in hulle pad. Haastige harte is egter ook leë harte. Daar’s niks van ewige waarde in sulke mense se harte weggepak nie. Hulle ken geen diepgaande geluk nie.

Jesus het gereeld met sulke mense te doen gekry. Hy beskryf sulke mense se tragiese eindbestemming wanneer Hy in Matteus 10 vra wat help dit as jy die hele wêreld wen maar jou siel ly skade vir ewig? Moenie in hierdie slagyster trap nie. Laat toe dat Jesus jou hart vervang met Syne. Dis al geneesmiddel. Laat toe dat Hy jou leë, vinnige hart opruil vir sy liefdevolle hart. Dan het jy ruim stoorplek vir God se genade. Ook het jy dan oorgenoeg tyd vir Hom, asook vir doodgewone dinge en mense.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page