Jy kán oorwin!
top of page

Jy kán oorwin!


Op ‘n manier stoei ons almal maar met die sonde. Selfs die mees gerespekteerde gelowige sukkel maar gedurig om altyd suiwer te leef. Dit maak nie saak of dit een of ander vorm van verslawing is, ‘n persoonlikheidseienskap of blatante ongehoorsaamheid is nie, dit bly ‘n menslike stryd om binne God se wil te leef. Daarvan het Satan seker gemaak toe hy reeds die eerste man en vrou en hul kinders verlei het.

Tog leer die Woord ons dat ons – ten spyte van ons herhaalde swakhede – ons tog saam met die Gees die bose kan oorwin juis omdat ons nie alleen teen die sonde baklei nie. Onthou vandag: Jy is nooit alleen in jou stryd teen die sonde nie. God is aan jou kant. Laat Hý namens jou weerstand teen jou swakhede bied terwyl jy op die mooi en die goed fokus. Sien hoe tevrede Hy in sy liefde vir jou is omdat jy gekies het om deur Hom by Hom te bly!

Maak elke dag van hierdie jaar ‘n oorwinningsdag. ‘n Dag waarin jy jouself verlustig in die vreugde om God se wil te doen. Om sy wil te leef. Jy kan omdat Hy kan!

Vader-God, kom my swakheid asseblief te hulp. Elke oomblik van elke dag!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page