Oppas vir ‘sklerokardia’ (= Harde hart-siekte!)
top of page

Oppas vir ‘sklerokardia’ (= Harde hart-siekte!)


In Markus 3:5 loop Jesus Homself vas in godsdienstiges wie se dooie godsdienstige wette maak dat hulle harte kliphard geword het. In Markus 10 gebeur dit nogmaals as Jesus daar te doene het met Fariseërs wat hulle bes probeer om wettige redes te vind vir egskeiding. Hulle kondisie word in Grieks as sklerokardia beskryf - sklerose van die hart. Hulle harte het veels te hard geword om selfs God se stem te hoor. In Markus 8:17 is Jesus ook bekommerd dat hierdie einste toestand sy dissipels se harte getref het. Harde-hart mense ken jy altyd uit aan hulle doofheid. Hulle luister glad nie na God nie, selfs al sit hulle die kerkbanke vuurwarm. Hulle luister ook nie na ander mense nie. Hulle is altyd reg, en hulle weet altyd die beste. Hulle klipharde harte maak dat hulle eintlik niks voel vir God en vir ander nie. Hulle onderhou maar net ’n spul tradisies en wette. Moenie dat so iets ooit met jou gebeur nie. Leef met God se sagte hart. Hy het dit eintlik lankal vir jou gegee soos wat Hy beloof het in Jeremia 24:7 en 31:33. Jy glo immers in Jesus, die Heer wat hemelse harte hier op aarde oorplant.


bottom of page