top of page
  • deur Milanie Vosloo

Dis so lekker by die Huis!


God het nie sy Seun na hierdie wêreld gestuur om vir almal te kom sê hoe sleg hulle is nie. Nee, Hy het Hom gestuur sodat mense wat sleg was weer by God kan uitkom. Johannes 3:17

Dis darem maar altyd lekker om huis toe te gaan. Selfs wanneer ons getroud is en self kinders het, is dit ‘n heerlike voorreg as ons nog ‘n ouerhuis het waar ons met onvoorwaardelike liefde ontvang word. En wanneer ons self die dag kinders het wat lang tye weg is, is dit darem maar een van die wonderlikste dinge vir ouers as hulle die dag kom kuier. Dis mos asof ons dan letterlik vir hulle op die voorstoep wil inwag ...

Huis toe gaan na ons Vader toe is niks anders nie. Wanneer ons ver is, verlang Hy intens na ons, bid sy Gees vir ons en verskyn Christus namens ons voor die Vader te troon. As ons dan die dag weer besluit om terug te gaan na Hom toe, glimlag sy Vaderhart van oor tot oor. Dan wag Hy regtig vir ons met uitgestrekte arms en met die volle omvang van sy liefde vir ons.

As jy soms weg raak, moet te lank wag voor jy huis toe gaan nie. Jou Vader verlang so intens na jou en wil met soveel teerheid vir jou sê: Ek het jou so lief, my dierbare kind!

O Vader-God, hier’s my hand, help my om huis toe te kom en om dan, vir altyd daar te bly.


bottom of page