‘n Skatkis vol stories [resensie]
top of page

‘n Skatkis vol stories [resensie]


Christenouers leer hulle kinders doelbewus vanuit die Bybel die belangrike en kosbare lewenslesse wat verband hou met die evangelie van Jesus Christus met die doel dat hulle toegerus deur die lewe gaan en die ewigheid saam met die Here deurbring. Om daardie doelwit te verwesenlik, benodig elke ouer verskeie hulpbronne. En hier het Joy Mol een so ‘n uitstekende hulpbron beskikbaar gestel. Sy is Sondagskooljuffrou en musikant en aanbieder van 150 naweekseminare vir die gesin, saam met haar man Arnold. ‘n Mens sien dikwels dat sy as spreker by talle geleenthede optree oor die huwelik, ouerskap, verhoudinge en geestelike groei. En haar drie kinders is albei getroud, mediese dokters en gelowige mense wat hulle gesinne in die weë van die Here lei.

Jy kry hier stories oor die swart mamba, God se telefoonnommer, or boom klim en gesteelde goed, harte vol liefde en maatjies in nood. Die oorlog wat gewen word, vermiste speelgoed en of jy bruin of blou oë het trek ook die kind se aandag.

Die verhale is geskik om vir kinders gelees te word en met behulp van die uitstekende volkleursketse bied dit kosbare en belangrike lewenswaarhede wat aan die hand van die karakters se voorbeelde geïllustreer word. Ook vir die kleinding wat self kan lees, gaan die boekie waarde hê om oor naasteliefde, mededeelsaamheid, eerlikheid en ander belangrike lewenswaardes te leer.

Hier kry jy die belangrikste beginsels wat kinders benodig om aan te leer indien hulle ‘n sukses van die lewe gaan maak, en as God se kinders gaan leef.

‘n Pragtige boekie, uitmuntend versorg en teen ‘n billike prys. Beskikbaar by CUM / Christian Art.

Onthou dat ‘n men sook op hulle webwerf jou bestelling kan plaas.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page