God Self is genoeg
top of page

God Self is genoeg


My hulp kom alleen van die Here af. So roep Psalm 121 uit. Hierdie refrein uit die pelgrimslied van mense wat onderweg is na Jerusalem druk die essensie van ons geloof uit. Geloofsvertroue is om te glo God is wie Hy sê Hy is. Geloof is om ook te weet die Here se hulp is sinoniem met sy teenwoordigheid. God Self is die uitkoms. God Self is die gebedsverhoring. God Self is die antwoord, die deurbraak, die oplossing… As slegte dinge opdaag, of as die lewe nie meer sin maak nie, is God nie skielik weg nie. Alles en behalwe. Ons lewe val nie elke slag uitmekaar wanneer die pad moeilik raak nie. God, die Skepper van hemel en aarde, troon steeds uit bokant al die berge wat ons omring. Wanneer ons ook ons eie oë ophef en vra waar ons hulp in hierdie dae vandaan kom, dan hoor ons dat ons hulp steeds van God af kom. Daar is niks in hierdie lewe wat vir ons meer beteken as God nie. Dit weet elke pelgrim wat getrou op die Here se pad leef hier in 2018. Die Here is steeds ons God wat nooit sluimer of slaap nie.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page