Riley Unlikely [resensie]
top of page

Riley Unlikely [resensie]


‘Respond to His call, and take the ride of your life.’ Dit is wat ‘n dertienjarige meisie gedoen het. Sy het geglo dat God haar geroep het. Teen 19 was sy reeds ‘n sendeling wat talle mense se lewens impakteer het.

Riley het haar verjaardag- en Kersgeskenke gebruik om te betaal om oor kontinente heen Kenia te besoek vandat sy 13 was, waar sy babas wat onversorg was, gaan help versorg het. Sy het doeke gekoop en vir arm babas gaan aansit, medisyne met medisynekoppies gevoer omdat geen maatbottels beskikbaar was nie, en skoolvoorrade en higiëniese middele vir Afrika se kinders geneem.

Teen die tyd dat sy 16 was, het dokters haar met ‘n seldsame mediese toestand gediagnoseer wat veroorsaak het dat sy nooit kinders van haar eie sou kon hê nie, iets waarvan sy gedroom het. Haar reaksie was om nog meer van haarself in Kenia en sy hulpbehoewende kinders te belê. Sy was die ma van duisende!

Vandat sy 13 was, besoek sy nog elke jaar Kenia. Die res van die jaar samel sy geld in waarmee sy tans ‘n leersentrum in Kibwezi in Kenia bou vir leerders wat niks het nie, ook nie die geleentheid om primêre skoolonderrig te ontvang nie.

Dit is ‘n boek wat ‘n mens uitdaag en jou geloof rek, van ‘n vrou wie se geloof in God jou telkemale verstom laat staan.

Die boek lees heerlik en danksy die pragfoto’s ontmoet jy die mense eerstehands van wie jy lees.

Wees egter gewaarsku: die boek gaan ook jou geloof uitdaag om groot te droom en God vir iets groots te vertrou.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page