Duitsland uit die wêreldbeker kampioenskappe
top of page

Duitsland uit die wêreldbeker kampioenskappe


Ek vermy deesdae debatte met ander kerke. Want ek het twee goed geleer; ander kerke se mense is ook kinders van die Here en hulle kan ons Gereformeerdes ‘n paar dinge leer. Ook het ek geleer dat die persoon wat die meeste Bybelverse kan aanhaal, glo ook die debat wen. So, ek ken nie regtig my Bybelverse nie en kan nie altyd korrek aanhaal nie. Ek dink dus ‘n gawe wat God vir gelowiges gee- ‘n mens kry mense wat verse kan aanhaal net soos dit daar staan in die Bybel. Dit laat my wonder oor ons Gereformeerde teologiese opleiding?! Ja, ons skryf gereëld Bybeltoetse, maar spandeer 95% van ons teologiese studietyd aan teologiese kommentare en boeke oor die Bybel. Ons lees werklik die Bybel baie min as tokkelokke- ons leer oor Karl Barth en hoe om Openbaring regtig te verstaan, maar ek wonder, mis ons nie die crux van die saak nie. Verwag die teologiese fakulteit of die kerk dat studente in hulle eie tyd die Bybel moet ernstig lees en mediteer… ek het al destyds gewonder hoeveel teologiese student werklik tyd spandeer met die Woord van God. Dalk begin die probleme in die Kerk juis daar by die fakulteit met die opleiding van teologiese studente…

Ek moet eerlik wees- ek het destyds die Bybel min gelees. Net vinnig saans vir my eie oordenking en so dan ook vir Griekse- en Hebreeusetoetse. Daar was nie werklik tyd tussen Karl Barth en Sendingwetenskap nie.

Ek het nou eers na my tyd buite die bediening werklik die Bybel begin lees… tyd gemaak vir God net soos Jesus tyd gemaak het vir God. En stadig maar verseker begin ek nou eers werklik verstaan wat is die Bybel se boodskap- wat is God se boodskap. Verstaan ek nou eers wat die Psalmdigter skryf dat God se Woord is ‘n lig vir sy voet (Psalm 119:105).

Vandat ek nou tyd maak vir God en sy Woord sien ek dinge raak wat ek nog nooit gesien het nie en waarhede wat baie mense nooit sal besef vir hulle hele godsdienslewe nie. Jy sal byvoorbeeld hoor dat sommige gelowiges iets negatiefs en van die duiwel ‘afsny in Jesus se naam’ en ons as Gereformeerdes dit vreemd vind; wel dit staan ook daar- Psalm 118:10.

Hoe dit ook al sy; teologiese opleiding sal moet aanpas met die nuwe tye waarin ons leef. Ons moet versigtig wees om nie soos Duitsland in die sokkerwêreldbeker oor te kom nie. Duitsland het met min of meer die dieselfde spelers as die vorige toernooi deelgeneem en hulle het gedink hulle gaan weer ‘n oorwinning behaal… met dieselfde span en taktiek. Ons wil die dieselfde opleiding van die afgelope 50 jaar gebruik om dominees op te lei vir die nuwe vinnige-veranderde wêreld van 2019.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page