Die Gees ruk ons sonde-maskers af
top of page

Die Gees ruk ons sonde-maskers af


Om nie na God te luister nie het slegte gevolge. Vra vir Dawid toe hy een middag vir Batseba skelmpies afgeloer het uit sy paleis (2 Samuel 11). Pleks dat hy dadelik weggekyk het toe hy haar op haar daktuin sien bad, het hy aanhou met kyk. Toe het sy kyke tot sondige dade oorgegaan. Toe Batseba later ’n baba verwag, was Dawid in die moeilikheid. In desperaatheid het hy haar man Uria in die voorste linies van ‘n oorlog geplaas sodat hy daar doodgemaak is. So het Dawid se wellustige kyk oorgeloop in bloedvergieting en in ‘n bose toesmeerdery. Hy het net al hoe dieper in die gemors in geval - tot op ‘n dag dat Natan, die man van God, by hom opgedaag het met die woorde dat hy wat Dawid is die een is wat droogmaak. Hy bedroef God se Gees. Hy staan in God se pad. Dawid het toe tot inkeer gekom, soos wat Psalm 51 vertel.

Die Gees ruk graag ons sonde-maskers af. Weggesteekte sondes kan Hy nooit duld nie. Moet nie eens probeer om geheime sondetjies te vertroetel in jou hart nie. Gee dit dadelik lig- God S’n! Berou is altyd ’n kenmerk van ‘n Geesvervulde lewe. Elkeen wat deur God se Gees gelei word aanvaar verantwoordelikheid vir hulle eie lewe. Hulle blameer nie ander mense as hulle verkeerd doen nie. Leer by Dawid. Toe Natan sy sonde-masker afgeruk het, het Dawid vorentoe geval met sy stukkende lewe, reg in God se arms in. Hy kon sy oortredings nie langer wegsteek onder ‘n donker kombers nie. Daarom dat sy hart so breek in Psalm 51 wanneer hy nakend voor God staan. Dawid pleit dat God nie sy Gees van hom af sal wegvat nie. Hy het gesien wat met Saul gebeur het. Derhalwe val Dawid Godwaarts. Doen dieselfde. Gaan praat jou oortredings uit met God in Jesus se Naam. Doen dit vandag nog, want by God is daar altyd ‘n ekstra bekertjie genade te vind met jou naam en adres daarop geskryf.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page