God se wil is nie aldag oranje blommetjies nie!
top of page

God se wil is nie aldag oranje blommetjies nie!


Iemand vertel op ’n realiteitsprogram op TV sy het vir God ’n teken gevra. Sy het gevra dat God sal sorg dat ’n man ’n oranje blommetjie vir haar gee deur die loop van die realiteitsreeks, dan sal sy weet hy is vir haar bedoel. Dit het die man onkant gevang toe sy dit ten aanskoue van almal vir hom sê. Ek moet sê, dit was vir my ook vreemd. Om die Here van hemel en aarde se wil vas te knoop aan ‘n oranje blommetjie is nogals ’n vreemde ding! “Maar Gideon het dan ‘n skaapvelletjie uitgegooi daar in Rigters 6”, sal iemand dadelik wou sê. “Wel, Rigters 6 word nie voorskriftelik in die Bybel aangebied sodat ons ook na willekeur ‘skaapvelletjies’ kan uitgooi en dan moet God regstaan met antwoorde nie,” sou ek dan wou antwoord. Boonop het Gideon nie ’n volledige Bybel soos ons gehad nie. Ons het ’n hele 66 Bybelboeke wat ons met groot verantwoordelikheid moet hanteer as ons na God se wil soek. Boonop het ons ‘n kop in werkende toestand van die Here ontvang wat ons moet gebruik om goed te dink! Anders maak ons die almagtige God verkeerdelik aan ons blommetjies en plannetjies vas.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page