Wanneer jy aan die minderheid se kant staan
top of page

Wanneer jy aan die minderheid se kant staan


Drie manne wat die moed gehad het om 'n splinternuwe pad aan te durf was Moses, Josua en Kaleb. Terwyl tien ander verspieders daar in Numeri 13 saam met die Israeliete gekies het vir die “veilige” roete terug na Egipte toe, het hierdie drie dapper manne 'n nuwe pad raakgesien. Die moeilikste pad was daardie dag vir hulle die enigste regte pad. Die tien ander verspieders wat saam met Josua en Kaleb gaan kyk het na die Beloofde Land was eenstemmig: dis veels te gevaarlik om soontoe te trek. Die mense wat daar bly is gans te sterk. Toe het hulle die volk oortuig van hulle eie standpunt. Dit was net Moses, Josua en Kaleb wat kans gesien het vir die lewensgevaarlike pad vorentoe. Drie teen ’n hele volk! Daar was net twee keuses vir almal, vorentoe of agtertoe. Terug na Egipte se slawerny, of vorentoe na ’n lewensgevaarlike nuwe tuiste. Genadiglik het God daardie dag ingegryp sodat die volk uiteindelik saam met Moses die regte koers gekies het.

Geloof is om teen jou eie vrees en kleingeloof in nuwe roetes in God se Naam aan te durf. Nee, dit hoef nie elke slag sulke radikale roetes te wees wat die koerante se hoofopskrifte haal nie. Enige nuwe roete wat minstens een ander persoon se lewe Godwaarts verskuif is 'n goeie nuwe pad. Enige pad wat die donker rondom ander mense verdryf en Christus se ewige pad hier op aarde vergroot, is die regte roete. Moenie net stilsit en wag op beter dae nie. Om stil te staan op die regte pad is regtig nie genoeg nie. Paaie is bedoel vir reis. Begin ’n nuwe roete wat ander mense na die Here toe sal lei en wat Sy genade in die wêreld sal laat instroom op vars maniere.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page