Dink “dankie!”
top of page

Dink “dankie!”


Here, U is my God. Ek wil vir U dankie sê. O my God, ek wil u Naam groot maak en U prys.

“Dankie” is so ‘n lekker woord. Wanneer iemand dit vir jou sê of wys, maar ook wanneer jy dit uitdeel. Want “dankie” verander ons harte: teenoor daardie mens, teenoor ons self en teenoor God. ‘n Opregte dankie raak soms veel dieper as wat ons sal besef. Dit maak van gewone dinge iets spesiaal. Want dit maak ons oë oop vir wat ons ontvang maar veral ook vir wat ons kan gee.

Miskien is jy in ‘n fase in jou lewe waar jy nogal sukkel om regtig dankbaar te wees. Wanneer ‘n mens deur krisisse gaan, ‘n magdom probleme het of dit lyk asof die son nie môre gaan skyn nie, is dit die laaste ding wat jy wil hoor. Dan wil jy eerder jouself jammer kry oor al die dinge wat nié reg is in jou lewe nie. Dis te verstane. Maar miskien moet jy juis in sulke “einde-van-die-wêreld-tye” jouself dwing om te soek na die dinge waarvoor jy dankbaar kan wees. Want die waarheid is dat – ongeag wat ons verloor het – daar altyd iets oorbly waarvoor ons nog opreg dankbaar kan wees.

Onthou vandag: Ons getroue Here neem nooit iets weg sonder om iets anders in die plek daarvan vir ons te gee nie. Soms moet ons maar net daagliks ons oë behoorlik oopmaak vir die mooi en goed wat Hy in soveel oorvloed net géé!

Dankie Here, dankie vir ...


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page