Oorvloedige taal van ’n oorvloedige Heer
top of page

Oorvloedige taal van ’n oorvloedige Heer


Jesus het nooit ’n lang CV nodig om Homself bekend te stel nie. Vat maar daardie bekende sewe “Ek is” uitsprake van Hom in die Johannesevangelie. Jesus trek elke keer die gordyn oop op sy ware identiteit as Hy sê: Ek is die Lig vir die wêreld (8:12); Ek is die Deur (10:9); Ek is die Goeie Herder (10:11); Ek is die Opstanding en die Lewe (11:25); Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe (14:6); Ek is die ware Wynstok (15:1). Hier sê Jesus op vars maniere wie Hy is en waaroor sy aardse sending gaan. Kort en kragtig maak hierdie uitsprake dit duidelik dat Jesus gekom het om hemelse oorvloed in ons midde uit te giet. Nog meer, Hyself is hierdie oorvloed - Hy is lewende Brood vir hongeriges; Lig vir diegene in die donker; Opstanding en die Lewe vir dooies; Pad vir verdwaaldes… Jesus se “Ek is..” woorde is lewenstaal. Dit vra egter om geloof. Dit vra om die waagmoed om Jesus se identiteit te ontdek en agter Hom aan te loop. Jesus se “Ek is…” woorde is oorvloedstaal. Dit vertel dat die sluise van die hemel nou wawyd oopgetrek is bokant ons.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page