Leierskap en emosionele intelligensie [resensie]
top of page

Leierskap en emosionele intelligensie [resensie]


Daar het al talle boeke oor leierskap verskyn omdat die onderwerp belangrik vir Christene en kerke is. Daarom is ‘n mens se eerste vraag: wat regverdig ‘n nuwe boek in Afrikaans oor die onderwerp?

Die antwoord het twee kante. Die skrywers van dié boek is Marcus Warner, ‘n bekende en gewilde skrywer en spreker oor emosionele genesing, gesondheid en leierskap asook Jim Wilder, ‘n ervare kundige wat vir lank al leiers oplei oor vyf kontinente. Sy nege boeke oor volwassenheid en verhoudingsvaardighede het miljoene lesers bereik.

Die premisse van die boek is: gesonde leiers kweek gesonde spanne. Aan die grond van gesonde leiers lê emosionele volwassenheid. Suksesvolle leiers wat effektief groot groepe mense kan lei deel een eienskap: hulle is emosioneel volwasse en intelligent.

In dié boek kry jy die interessante kombinasie van die nuutste navorsing oor die brein gekombineer met goeie teologiese insigte, gebaseer op die Bybel, in die konteks van twee mense met wye ervaring in die veld van berading en opleiding van mense met die doel om emosionele intelligensie te ontwikkel.

As jy ‘n leier is wat nuwe lewe in jou leierskap wil blaas en spanwerk wil laat floreer, is dié boek ‘n belangrike opsie vir jou.

Die boek is ‘n saamwerk-boek wat jou prakties betrek, wat die waarde daarvan verhoog. Waar begin jy met leierskap? By die vorming van jou identiteit, gebaseer op nabootsing. Hoe kan jy verhoudingsgeoriënteerd bly terwyl jy terselfdertyd nie jou identiteit opsê nie? Wanneer sal jy vreugde vind in jou taak as leier?

Hier is die vier gewoontes wat jy kan aanleer om ‘n besonderse leier te word: Remain relational. Act like yourself. Return to joy. Endure hardship well. RARE!

‘n Goeie toevoeging tot die boekeskat oor leierskap, geskryf vanuit ‘n belangrike perspektief, om in jouself as leier te belê voordat jy mense probeer lei.

Die boek is deur CUM se bemiddeling vertaal en by hulle boekwinkels beskikbaar, asook aanlyn by cum.co.za.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page