“Wees sterk en vertrou My …”
top of page

“Wees sterk en vertrou My …”


Al die Midianiete is deur Israel verslaan ... Hierna was daar tydens Gideon se leeftyd – ongeveer 40 jaar lank – vrede in die land. Rigters 8:28

Ons vergeet so gou. Net gister het die Here aan ons bewys hoe lewensgetrou Hy aan ons is en vandag twyfel ons al weer. Wonder ons of Hy nie sal vergeet om ons te beskerm en te seën nie. Miskien is dit omdat ons te min terugkyk, te min stilstaan en dankie sê en te weer na die volgende dag of taak aan beweeg. Maak ’n punt daarvan om elke dag stil te staan, terug te kyk en te onthou:

  • Hoe onvoorwaardelik en groot jou Vader se liefde vir jou is;

  • Hoe getrou Hy aan sy beloftes bly;

  • Hoeveel krag, moed en deursettingsvermoë Hy in die verlede aan jou gegee het;

  • Hoeveel jy het om voor dankbaar te wees; en

  • Hoeveel seën jy in ons lewe het.

Onthou vandag weer God se belofte soos Hy dit aan Josua gegee het: “Wees sterk. Vertrou My met alles in jou ... Onthou, dit is Ek self wat jou hierdie opdrag gee: wees sterk en vertrou My met alles in jou! Moenie vir iets of iemand skrik of bang wees nie, want Ek, die Here jou God. Is by jou waar jy ook al gaan.” Josua 1:7a, 9

Moedeloosheid sê: Daar is nie hoop nie. Vertroue sê: My hoop is op God.

Here, help my om meer te onthou en daarom meer te vertrou.


bottom of page