Take your life back [resensie]
top of page

Take your life back [resensie]


Soms kom mense tot die gevolgtrekking dat hulle gebruik word. Dat hulle in ‘n siklus beland het waar alles van hulle afhang, terwyl hulle ander se goedkeuring benodig, en dat die ander mense min of niks bydra nie. Jy voel mense manipuleer jou.

In dié boek het jy twee mense wat vanuit hulle eie lewe asook kliniese insigte van werk met talle kliënte hieroor gesels. Stephen Arterburn is ‘n opvoedkundige en bekende radiopersoonlikheid in die VSA terwyl David Stoop ‘n kliniese sielkundige is wat bekendheid vir sy talle boeke verwerf het.

In dié boek wys hulle jou hoe om jou kop op te tel en jouself in positiewe sin te laat geld. Hoe jy kan vrykom van pyn uit jou verlede wat jou kniehalter, van stukkende verhoudings wat jou selfvertroue ondermyn en van terugslae wat jou vrymoedigheid onderdruk. Hulle wys jou hoe belangrik dit is om grense in jou lewe te trek, en hoe om dit op liefdevolle dog ferm wyse te doen. Hulle toon aan wat die verskil is om op ‘n situaiue oor te reageer en hoe om op gepaste wyse op te tree in situasies wat emosionele spanning op jou laai. En hulle vertel jou watter siklusse van gedrag verhoudings in jou lewe beskadig, en hoe om daar uit te breek. As jy na vryheid in jou persoonlike lewe verlang, gaan jy lang tye in die bladsye van dié boek kuier.

Jy leef reaktief wanneer jou verlede jou hede bepaal, en trauma van vroeër tye skaamte en skande in jou lewe indra. Jy lewe responsief wanneer jy geleer het hoe om jou eie besluite te neem, hoe om jouself te verdedig en hoe om jouself en ander te begin ontwikkel.

Alhoewel albei skrywers professionele persone is, lees die boek gemaklik. Hulle gebruik talle voorbeelde om te verduidelik wat hulle sê, waarvan heelparty uit die bladsye van die Bybel kom. En die boek is Bybels verantwoordbaar; dis nie maar net goeie sielkunde nie maar deurleefde spiritualiteit waaraan jy blootgestel word.

‘n Belangrike boek vir mense met ‘n verlede, wat hulle lewe wil terugneem en dit in toewyding aan die Here wil wy.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page