Vertel my ’n verslag?
top of page

Vertel my ’n verslag?


“Vertel my ‘n verslag.” Het jy al ooit ‘n kind so iets hoor sê? As jy ‘n ouer is, dan weet jy al te goed kinders wil graag stories hoor. Nie leerstukke of formules nie. Hulle wil stories hoor propvol helde wat skelms uitoorlê en ander mense red. As ek dit nie mis het nie, hou grootmense ook van stories. Geen wonder nie dat verhale die belangrikste teks soort in die Bybel is. God leer sy grootste lesse aan ons in verhaalvorm. Hy is die grootste Storiemaker en Storieverteller ooit. Jesus is die lewende Hoofkarakter in al sy belangrikste verhale. Boonop skryf die Heilige Gees dit vars oor op sy kinders se harte. Terwyl vele al weer die jongste stories van hooploosheid, korrupsie en geweld oorvertel, moet onsself fynkenners wees van God se reddingsdade in die wêreld. Ons moet toelaat dat die Gees die woorde van 2 Korintiërs 3 opnuut waar maak en God se top-stories oor Jesus op ons harte in te graveer. Ons moet sorg dat ons weer lewende briewe van Christus is, geskryf met sy bloed en deur die werk van die Gees. Dan is ons goed leesbaar. Dan wil ander ons storie hoor en agterna leef.


bottom of page