Om jou te verbly in die Here
top of page

Om jou te verbly in die Here


Ek het al soms so in die verbygaan van ‘n besige dag gewaai vir die Here en skaam gekry omdat ek die dag nie enige tyd saam met Hom spandeer het nie. Wanneer die lewe jou soms tot stilstand ruk, en jy besef dinge draai suid, dan kom die skokkende wete dat jy nie so kan aangaan nie. Stilwordtyd saam met die Here is nie onderhandelbaar nie. Dit is en moet deel wees van jou daaglikse roetine. Om in ‘n verhouding met iemand te staan beteken jy spandeer tyd saam met daardie persoon. Dit is belangrik genoeg vir jou dat jy saam met daardie persoon wil sit en gesels.

In my lees van die bogenoemde teks kom ek agter hoe vies Habakuk vir die Here is. Hy roep om hulp en dan antwoord die Here verskeie vra. Habakuk hou egter nie van al die antwoorde van God nie. Die Here se opdrag aan hom is om te wag. Dit is iets wat ek moeilik regkry. Ek sukkel om te wag. Dinge moet gebeur in die huis en vinnig ook. Daar is nie tyd vir rondstaan nie. Tog sê God wag… Habakuk het vir hom ‘n simbolies wagtoring gebou en begin wag. In hierdie wag sien hy toe God se heerlikheid raak. Hy het in verwondering gestaan oor al God se goedheid!

Wag op die Here…wag vir Sy stem in jou lewe. Wag dat God se werk in jou lewe weerspieël word. Wag, al gaan dit sleg met jou gesondheid. Wag, al is daar nie die maand geld vir alles nie. Wag…want ten spyte van alles… moet jy juig, want God is jou verlosser. Hy kom tot jou redding. En dan sal jy op hoë plekke waar dit nie altyd veilig is nie, veilig kan loop.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page