“Is ‘n familielid van jou al vermoor?”
top of page

“Is ‘n familielid van jou al vermoor?”


“Dis maklik om in jou rubriek in Beeld te skryf ons moet mekaar liefhê, maar is jou familie al op ’n plaas vermoor?” vra ‘n anonieme briefskrywer my. “Maklik?” Alles lyk maklik as dit eers neergepen is. Die vraag is egter nie of iets maklik is om te skryf nie. Die vraag is of die lewe se swaarkry Bybelse beginsels ophef? Kan ek, omdat my geliefde vermoor is, sekere Bybelse beginsels ignoreer? Geld die Woord van God net solank dit nie met my politieke oortuigings of met my veiligheid bots nie? Moet ek ophou goed doen aan mense wat anders as ek leef, dink en glo omdat ekself benadeel is deur sulke tipe indiwidue? Gee my omstandighede aan my die reg om te besluit watter gedeeltes van die Bybel ek wil navolg en watter gedeeltes ek wil ignoreer? Nee! God wil gedurig my selfsugtige hart uit my binneste beitel. Hy wil my leer om naby Hom te leef, al moet ek teen die grein van my eie natuur in tweede myle loop saam met mense wat ek nie kan uitstaan nie. Anders is ek op die ou end niks anders as die Fariseërs nie. Geloof verander die tekstuur van my hele lewe.


bottom of page