Meer as een soort slaaf
top of page

Meer as een soort slaaf


‘n Mens kan jouself en ander nogal maklik in boksies plaas. Soos geloofsboksies! Die hoofkategorieë in die geloofsboksie-afdeling is waarskynlik: “Vrygespreekte” en “Slaaf van die sonde”. En natuurlik sal ons wat kinders van God is, onsself in die “Vrygespreek-boksie” plaas. Tereg ook.

Tog lê die hartseer daarin dat selfs vrygespreekte kinders steeds slawe kan wees. Soos die oudste seun in die Lukas 15 verhaal. Hy was al die jare by die Vader se huis en tog was hy, net soos sy jonger wegloopbroer, ook slaaf. Hy was die slaaf van veroordeling en meerderwaardigheid. Hy het geglo dat omdat hy getroue kind is, hy iets meer verdien. Juis daarom was hy so kwaad toe sy pa die vetgemaakte kalf vir sy jonger huistoekomboetie slag. “Hoe op aarde kan hy, ‘n wegloopkind, met soveel koninklike eerbied behandel word terwyl ek myself al die jare vir my pa afgesloof het?”, vra hy. En juis in hierdie vraag bevestig hy sy status as slaaf. Alles wat hy vir sy pa gedoen het, was vir hom ‘n manier om sy pa se guns te bekom en “beter” te wees.

Kom ons bid elke dag dat die Vader ons van alles sal vrymaak. Kom ons bid veral dat Hy ons – sy genadekinders – sal vrymaak van veroordeling, jaloesie en die idee dat ons beter as ander is. Ons kan mos maar net met groot dankbaarheid God se goedheid ontvang!

Here, maak my vry!


bottom of page