Jesus se plek aan my tafel
top of page

Jesus se plek aan my tafel


Ek is lief daarvoor om kos te maak. Daar word heerlik saam gesels in die kombuis terwyl ek besig is. Ons kombuis is ‘n gesellige kuierplek. Hier drink ons koffie, kuier ons met naby vriende en los die wêreld se probleme op. Hier is al menige baksel beskuit gebak, kolwyntjies vir ontbyt en talle etes gekook. Ons kombuis is die hartklop van ons huis.

Navorsing het bewys dat kinders wat eet saam met hulle ouers aan die tafel akademies beter presteer as ander kinders. Hulle is ook emosioneel meer stabiel en kan probleme beter hanteer. Die kuier aan die tafel is so belangrik. Elkeen kan vertel hoe sy dag verloop het. Dit word ‘n aflaaiplek vir sleg en goed. Hier moet jy veilig voel om te lag, te huil en net te wees. Aan jou ouers se tafel moet jy die belewenis hê van vreugde, kos proe, jou gunsteling gereg wat vir jou gemaak word vir jou verjaarsdag en sommer net ‘n broodjie.

By hierdie tafel moet Jesus die eregas wees. As jy kan, moet daar soms vir Jesus ‘n plek gedek word in Paastyd of met Kersfees. Die gesprekke aan tafel moet van so ‘n aard wees, dat Jesus enige dag welkom is. Hier moet dit lekker wees. Elkeen moet welkom en veilig voel by elke maaltyd. As almal so saam is, kan mens ‘n volgende vakansie beplan, ander gesinne se swaar met die kinders deel en ook saam lees en bid. Die waarde van hierdie saamwees is onmeetbaar.

Ek het by my ma geleer dat daar altyd by ‘n ma se huis iets is om te eet , maak nie saak watter tyd van die dag of nag jy daar aankom nie. Dit het my ook geleer van gasvryheid. Daar is dalk nie ‘n gekookte maaltyd nie maar daar is altyd ‘n stukkie oorskiet kossies in die yskas. As dit nie genoeg is nie is daar altyd ‘n broodjie.

Kom ons sit weer by die tafel, en vergeet die TV, fone en tablette, want hier gaan ons mekaar weer herontdek. Hier kan ons weer liefdesmaaltye eet en Jesus nooi as ons eregas.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page