“Ruk hulle reg”
top of page

“Ruk hulle reg”


“Ruk die gemeente reg.” Dit was die kerkaad se opdrag aan hulle nuwe leraar. Ses maande later is hy formeel ingeroep. Sy bediening was nie geslaagd in hulle oë nie. ‘n Vorige leraar wat almal in die gemeente persoonlik geken het, was steeds hulle rolmodel. Toe vra die leraar vir die kerkraad hoeveel mense het ooit tot bekering gekom in daardie “goue era.” En hoeveel mense in die gemeente was toe prakties betrokke by noodlydendes, armes en nie-gelowiges? Daar was ‘n lang stilte. Niemand kon aan enige name dink nie. “Lyk my, julle soek eintlik na ‘n geestelike skakelbeampte wat die bedorwe kerklike kliënte tevrede moet hou,” sê hy. Toe gaan die kerkraad se oë oop. Van daardie dag af het die gemeente mekaar se laste begin dra en vir ander in God se Naam begin omgee. Ook was daar weer nuwe bekerings in Christus se Naam. Nou ja, net dalk is hierdie ’n sprokie, want op vele kerklike terreine is dit steeds “business as usual,” en: “keep the customers satisfied.” Party geestelike leiers so besig om kerklike vissersnette reg te maak dat hulleself nooit vissers van mense en laste-draers word nie. Miskien geld dit ook van jou en my.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page