Praat die Here met jóú?
top of page

Praat die Here met jóú?


Die Here het gaan staan en soos die vorige twee kere geroep: “Samuel! Samuel!” Toe antwoord Samuel: “Praat maar, u dienaar luister.” 1 Samuel 3:10

“Die Here het vir my gesê.”, hoor ons soms iemand sê. En dan verstaan ons dit omdat ons self ook al wéét wanneer die Gees in ons harte gefluister het. Of dalk wonder ons soms: “Waarom praat God met ander mense, maar nie met mý nie?” Die waarheid is dat die Heilige Gees self in elke kind van God is en daarom met elkeen van ons kan en wil praat. Ons moet Hom net hóór!

Miskien het die Gees al baie kere met jou gepraat en het jy – soos Samuel – maar net nie geweet dat dit juis Hý is wat in jou hart fluister nie. Onthou: God praat met jou deur:

  • Dié stem wat jy net sal hoor wanneer jy tyd maak om met Hom te praat, jou gedagtes op Hom fokus en werklik wíl hoor wat Hy wil sê.

  • Die Woord. Ons is so gelukkig op die waarhede van die Bybel te hê en om die vryheid te geniet om dit elke dag in te drink. Maak tyd vir sy Woord en laat toe dat Hy met jou daardeur praat.

  • Sy wonderlike natuur: Ja, ons Here praat soms met ons deur die gekoer van die tortelduif op ons stoep.

Maak tyd vir die stil fluistering van die Gees in jou hart, maak tyd vir sy Woord. Hy wíl met jou praat.

Praat maar, u dienares luister.


bottom of page