Ken jy die vergete God-storie agter die bekende novelle?
top of page

Ken jy die vergete God-storie agter die bekende novelle?


Die storie van Josef in Genesis 37-50 is een van die heel bekendste Bybelverhale. Vanaf Hollywood tot by Andrew Lloyd-Webber gryp dit die wêreld se verbeelding aan. Maar hoekom het God dit goed gedink om hierdie epiese verhaal in die Bybel te plaas? Wat leer ons oor God in die Josef verhaal? Wel, te veel om op te noem, maar hierdie verhaal vertel minstens hoedat God in ’n vreemde land ’n jongman oprig tot seën vir ’n vreemde volk, asook tot redding van sy eie familie. Genesis 39 vertel met name hoedat die Here orals by Josef is. Hy verander letterlik elke plek waar Josef homself bevind in ’n plek van seën vir almal. Potifar se huis ervaar dit, en selfs as Josef onregverdiglik in die tronk beland, verander dit in ’n plek van seën. Later word Egipte ’n geseënde land omdat Josef as God se man en as onderkoning van die land daar aan diens is. Die punt van hierdie epiese verhaal is dat God sy mense orals tot ’n seën vir ander kan en wil gebruik, en dat Hy orals by al sy mense is, of dit nou in ’n paleis is, of in ’n tronk… of in Suid Afrika.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page