Quiet times for those who grieve [resensie]
top of page

Quiet times for those who grieve [resensie]


Indien jy nog nie iemand na aan jou aan die dood afgestaan het nie, is dit nie waar indien jy vir iemand wat daardeur gaan, sê dat jy saam met hulle voel nie. Jy weet nie hoe dit is om ‘n kind of ‘n lewensmaat, of ‘n persoon met wie jy in ‘n besondere verhouding gestaan het aan die dood af te staan nie. In elk geval, woorde neem nie die pyn weg nie.

Tog kan die regte woorde nuwe moed en hoop gee, wat rigting kan aandui en moed gee om op te staan en aan te gaan. As jy nie die woorde ken om iemand wat deur rousmart oorweldig is, te help nie kan dié boekie dit uiters effektief namens jou doen.

Dit is geskryf deur iemand wat spesialiseer daarin om mense in rousmart professioneel by te staan. Sy boeke en seminare hieroor het bewys dat hy weet waarvan hy praat. En sy ervaring in berading onderstreep sy vermoë om rigting aan te dui aan ‘n mens onder wie se voete die mat uitgeruk is.

Jy kry hier 57 oordenkings of studies wat jou stiltetyd met woorde van bemoediging en hoop gaan vul. Dit word gedryf deur Skrifgedeeltes maar die bespreking is ook relevant omdat dit direk met die mens in rousmart praat.

Die boekie is pragtig versorg en saam met die inhoud vorm dit die ideale geskenk aan iemand of jouself.

Wat ek veral nuttig gevind het, is die talle verhale van mense se belewenisse, in hulle eie woorde. Hier hoor jy van mense wat swaar verliese gely het, en wat geloof vir hulle beteken het. Maar hulle vertel ook hoe swaar die pyn en seer was, asook wat hulle gemaak het om dit te oorleef.

Is jy op soek na leiding deur die rouproses? Benodig jy weer dat hoop in jou hart wakker gemaak word? Dan gaan dié boekie jou direk aanspreek.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page