Tien merkers vir die Jesus roete
top of page

Tien merkers vir die Jesus roete


Ek het ’n kolom in die dagblad Beeld reeds vir 14 jaar wat ook bekendstaan as Goeie Nuus vanaf Dinsdae tot Saterdae. Verlede Saterdag het ek hierdie gedeelte geskryf oor 10 padwysers vir die lewe van ’n navolger van Jesus:

  • In die samelewing tel status en posisies. Op Jesus se roete tel God en ander mense.

  • In die samelewing smag mense na mag en erkenning. Op Jesus se pad gee sy volgelinge graag erkenning aan ander.

  • In die samelewing kompeteer mense om die beste plekke en posisies. Op Jesus se roete staan mense die beste plekke af aan ander.

  • In die samelewing jaag mense dikwels geluk en voorspoed na ten koste van ander. Op die pad van Jesus offer sy volgelinge dikwels hulle eie geluk en voorspoed op tot voordeel van ander.

  • In die samelewing maak mense ’n naam vir hulleself. Op Jesus se pad gaan mense uit hulle pad om ander se naam te beskerm en eer.

  • In die samelewing is dit die sterkstes en die bestes wat bo uitkom. Op die roete van Jesus is dit die nederiges wat God se aandag trek.

  • In die samelewing is sukses sinoniem met geld en besittings. Op Jesus se pad is sukses om ’n kruis te dra en om ander te dien.

  • In die samelewing tel titels en kwalifikasies. Op Jesus se pad tel karakter.

  • In die samelewing word mense gemeet aan hulle uitsette en prestasies. Op Jesus se pad is mense geliefdes van God wat nie hoef te presteer om sy guns te wen nie.

  • In die samelewing is geluk dikwels uiterlik en kortstondig. Op Jesus se roete is geluk geanker in ’n blywende vrede en rus in God


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page