Gebed begin by praat, maar ...
top of page

Gebed begin by praat, maar ...


Dis vir my so lekker om met God te praat. Om sommer net vir Hom te vertel hoe lief ek Hom het, my hart voor Hom uit te stort en ander mense voor sy troon neer te sit. So met die jare het my vroegoggend oefenprogram my heerlikste praat-met-God-tye geword. Maar juis omdat praat vir die meeste van ons vroue so ‘n natuurlike proses is, is ons tog so geneig om nie te luister nie. Ons is eenvoudig nie stil genoeg om werklik te hóór nie.

Wanneer gebed vir ons net ‘n praat-met-God-aksie is, mis ons eintlik die ware vreugde van die dialoog met Hom. Want gebed gaan oor soveel meer as praatvaardighede. Dit gaan eintlik oor luistervaardighede. Soren Kierkegaard het ‘n paar eeue gelede geskryf: A man prayed and at first he thought that prayer was talking. But he became more and more quiet until in the end he realized that prayer is listening.

Om regtig na God te luister beteken dat gebed nie net ‘n terloopse handeling is nie, maar dat os regtig afgesonderd en stil voor Hom sal gaan sit en sal luister wat sy Gees in ons harte fluister. Dat ons sy Woord sal lees met die verwagting dat Hy met ons sal praat ... en dat ons regtig sal wíl hoor!

Gebed begin by praat en eindig by ... sommer net stilwees. By die vind van sy vrede!

Here, ek wil stil wees en woordeloos op U wag.


bottom of page