Jesus is nie maar net ’n goeie leermeester nie
top of page

Jesus is nie maar net ’n goeie leermeester nie


Om Jesus na te volg, is nie om ’n filosoof na te volg nie. Of om net ’n klompie godsdienstige leerstukke aan te hang wat Hy in die evangelies vir ons nagelaat het nie. Jesus het ons nooit beveel om slegs maar sy leerstellings te hou nie; sy opdrag was dat ons Homself navolg. Sy roepstem was en is steeds: “Volg My!” Ons leef in ’n lewende verhouding met Hom. Jesus verbind ons heel eerste aan Homself, nie net aan ’n klompie leerstukke nie. Hy is die Woord wat lyf gekry het hier op aarde, soos wat Johannes 1 ons leer. Natuurlik lees en bestudeer ons ook sy Woord wat op skrif neergepen is. Maar heel eerste volg ons vir Jesus self. Hy is regtig nie net ’n goeie rabbi of ’n spesiale profeet wat gekom het om God se wet beter as die res te verduidelik nie. Nee, Hy is die Een wat God se wet eiehandig kom vervul. Hy is die Seun van God en die lewende Woord wat mens geword het In Jesus word God se genade en waarheid beliggaam. In en deur Hom kry ons ’n eksklusiewe nuwe uitsig op God. Ons leef in en deur Hom. Ons volg Hom.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page