Dis so lékker om te bid!
top of page

Dis so lékker om te bid!


Ons word groot met die idee van ons moet elke dag bid. Dit wil sê ons moet elke aand voordat ons gaan slaap, gou met God praat: vir Hom dankie sê vir alles, Hom vra om met ons en al ons geliefdes te wees en om so ‘n paar ander dinge voor sy deur neer te lê. En dan natuurlik bid ons baie spontaan wanneer ons benoud is, bekommerd is en weet dat ons die Here baie nodig het. So met die jare leer ons baie meer oor gebed. Ons weet nou dat dit ook gaan om dank en lof. Later leer ons om regtig ook in gebed God se lyding en antwoorde op ons vrae te soek. Ons weet dat ons by Hom en sy Woord lig op ons lewenspad sal kry.

Natuurlik is gebed al hierdie dinge. Dis mos ons gesprek met God. Dis die plek waar ons ons hart kan skoon maak en ons versoeke voor Hom kan lê. Maar gebed is ook soveel meer: Gebed is om aktief na God te luister! Soos Moeder Theresa gesê het: “Mostly I just listen... Mostly He just listens...”.

Wanneer gebed ‘n aktiewe interaksie tussen ons en God word, waarin ons tyd maak oms meestal net te hóór, dan word gebed heerlik. Want dan ervaar sy teenwoordigheid. Mag gebed ook vir jou so stil maak ... dat jy meestal net luister ... dat Hy meestal net luister.

Dis so heerlik om by U te wees, Vader!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page