God vat ons saam
top of page

God vat ons saam


Net partykeer dink ons te klein oor God. Ons dink Hy is nie hier nie. Ons dink ons moet Hom na die wêreld toe vat. Ons vergeet die woorde van 2 Korintiërs 2:14 so maklik dat dit God is wat ons meevoer in die triomftog van Christus. Hy vat ons na die wêreld toe, nie andersom nie. Hy is met ‘n triomftog besig in die wêreld. Ons word maar net meegesleur! God is die Eregas by elke ete wat ons voorsit; die Voorsitter by elke vergadering waar ons aanwesig is; die Eerste Ontvanger is van elke taak of projek wat ons afhandel; die Leser van elke teks wat ons skryf; die Aanhoorder van elke klas wat ons aanbied of elke lesing wat ons gee; die Aanskouer van alle transaksies wat ons beklink; die Toeskouer by alle wedstryde waarin ons speel; die Passasier van alle voertuie waarin ons ry; die Ontvanger van elke snytjie brood wat ons uitdeel, of elke glas water wat ons weggee; die Gasheer by al ons kuiers; die Hoorder van elke gesprek wat ons voer. Hy is die Here van ons lewe wanneer ons alleen is en wanneer ons tussen ander is. Daarom gee dit vir ons groot vreugde om tot in die fynste detail van ons lewe te skitter vir Hom. En daarom dat ons graag in sy oorwinningsoptog deur die wêreld saamtrek


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page