Kan jy dit bekostig om te bid?
top of page

Kan jy dit bekostig om te bid?


Ek vat jou aan die hand om jou op die regte pad te lei. Ek sal jou elke keer die regte raad gee. Ek sal jou oppas. Psalm 32:8b

Kan jy dit bekostig om tyd te maak om te bid?

In ons besige lewe het gebed ‘n luukse geword. Want ons tyd is mos min. Ons is vreeslik aan die hardloop, ons moet produktief wees en om altyd besig te wees, het al amper ‘n statussimbool geword. En nou beweeg ons teen die spoed van lig van punt A na B. Vanaand as ons uitgeput aan die slaap val, por ons gewete ons aan om dalk net gou met God oor ‘n paar dinge te praat ...

En nou word ons so arm! Ons is brandarm aan stilte en weet nie meer wat die woord, vrede, beteken nie. Meer as dit, voel ons die heeltyd of daar iets is wat kort, is daar verhoudings is wat maar net nie wil uitwerk nie en beleef ons dat dinge maar net bly skeefloop.

Liewe 21ste-eeuse-mens, as ons so besig is dat ons nie kan bid nie, dan is ons verseker té besig! Want nie een van ons kan ‘n goedvoelmens wees, die lewe hanteer en goeie menseverhoudings handhaaf sonder ons stilword by ons Vader nie.

Gebed is ‘n heerlike luukse – ‘n stuk bederf – waarsonder ons nié kan leef nie. Kom ons maak hierdie opnuut ‘n ontmoetingsmaand met met ons Here. Kom ons leer om sommer net stil te word by Hom.

Ek wil stil word, Here. En op U wag ...


bottom of page