(Mis)Leiding [tendens]
top of page

(Mis)Leiding [tendens]


Hierdie is ʼn tendensverslag oor leierskap. Meer spesifiek gaan dit oor leierskap in die konteks van ons huidige globale politieke klimaat. Daar word gesê dat ʼn samelewing net só goed vaar as sy leiers vaar. Die leier/s van ʼn land, organisasie of gemeente het eenvoudig ʼn bepalende effek op wat in die res van die sisteem gebeur. Dit wil egter voorkom of – nie net die Westerse samelewing nie – maar die ganse wêreld tans ʼn krisis beleef wat betref die standaard en kwaliteit van sy leierskap. Hierdie persepsie van gebrek aan morele en effektiewe leierskap het nie net ʼn uitwerking op die politieke en ekonomiese klimaat van ʼn land nie, maar ook op Jesus-volgelinge en die kerk van Christus. Hierdie tendensverslag poog om ietwat van ʼn venster te bied op die effek hiervan op die kerk, asook om te besin oor hoe die kerk hierop moet reageer.



bottom of page