My tien sosiale media gebooie vir 2018
top of page

My tien sosiale media gebooie vir 2018


Ek wil sommer die eerste Goeie Nuus vir 2018 afskop met iets wat ek onlangs ook op Facebook gedeel het:

My tien sosiale media gebooie vir 2018

  • Ek versprei nooit “fake news” nie. Ek maak vooraf seker van enige storie se egtheid voordat ek dit deel (“share”).

  • Ek lewer nie lopende kommentaar op elke liewe FB post, tweet of message nie.

  • Ek verval nie in monoloë nie. Ek lees graag ander mense se posts, tweets en opmerkings en gesels saam, wanneer nodig.

  • Ek skinder nie op sosiale media nie.

  • Ek pak nie uit oor swak diens; onbillike mense; goor motoriste; dooie kerke en kie as ek nie bereid is om dit self met die betrokkenes op te neem nie.

  • Ek deel nie foto’s en berigte van vriende en familie, of van ander mense, wat hulle in ongemaklike posisies kan plaas nie.

  • Ek het die reg om opmerkings van ander mense op my eie sosiale media spasies te verwyder wat ek meen onvanpas is. Of wat my spasies vir hulle eie opinies en debatte inpalm.

  • Ek misbruik nie sosiale media platforms as persoonlike spog-sessies nie. Wanneer iets uitsonderlik gebeur, deel ek dit (soms) op rustige maniere en beweeg aan.

  • Ek is nie verslaaf aan sosiale media nie.

  • Ek leef my geloof in Christus keurig uit op sosiale media sonder om prekerig of hiper-vroom te wees.


bottom of page